RCL FOODS het onlangs hier aangekondig dat hul besigheid uitgebrei het met die verkryging van Driehoek Voere. Wouter de Wet, uitvoerende bestuurder van RCL FOODS se dierevoerafdeling, gesels op RSG Landbou oor dié verkryging. Hy verduidelik vir luisteraars hoe Driehoek Voere by Epol en Molatek sal inpas, sowel as by RCL FOODS as geheel.

Driehoek Voere gebruik baie meer vesel in hul voere as wat tans by Epol gebruik word, wat tydens droogtetye ‘n groot verskil aan die boer sal maak, aangesien hul nie aanvullings by Driehoek voere hoef by te sit nie. Hierdie verkryging sal ook beteken dat RCL FOODS goedkoper voere aan hul kliënte kan bied, aangesien almal nie die duurste voer kan bekostig nie.

Luister nóú na die gesprek.