Eggs combat protein poverty
August 23, 2018
Die ekonomiese afronding van lammers in voerkrale — Dr. Vlok Ferreira
August 30, 2018

Wenke vir beter prestasie in skaapvoerkrale – Johan Mouton

Goeie genetiese eienskappe in ’n skaapvoerkraal sit aansienlik meer geld per skaap in die boer se sak.

Mnr. Johan Mouton van RCL FOODS het ’n proef met twee groepe lammers gedoen. Die eerste groep diere het hy as normaal geklassifiseer. Hy het hulle uit ’n groot kudde gaan uitsoek. Hulle het ’n voeromsettingsverhouding (VOV) van 5,2 kg voer vir elke kilogram liggamsgewig gehad en gemiddeld 260g per dag gegroei in die 62 dae wat hulle in die voerkraal gestaan het. Elke dier het gemiddeld 83,2kg voer in dié tyd gevreet. Die tweede groep lammers wast uit ’n stoetery. Hulle het ’n VOV van 4,56:1 gehad en  gemiddeld 310g per dag gegroei. Hulle was slaggereed as klas A2 lammers op 52 dae en het gemiddeld elk net 72,9kg voer gevreet.

Bron: Landbou.com